Journal article icon

Journal article

Feticide: continuing the search for a unified approach to the unborn

Abstract:
Die artikel oorweeg die vraagstuk van “feticide” en die moontlike toepassing daarvan in Suid Afrika binne die konteks van geweld teen swanger vroue wat lei tot die beëindiging van 'n swangerskap. S v Mshumpa 2008 1 SACR 126 (OK) bevestig dat die gemeenregtelike misdaad, moord, nie op ongeborenes toepassing vind nie. Sedert hierdie beslissing was daar al verskeie beroepe op regshervorming. Een akademikus voer aan dat die ongeborene afsonderlike beskerming in die konteks van geweld teen swanger vroue benodig en stel voor dat die statutêre misdaad “feticide” in Suid-Afrika ingestel word. Deur gebruik te maak van die Wet op Keuse oor die Beëindiging van Swangerskap 92 van 1996 en die grondwetlike waarde van menswaardigheid, poog dié skrywer om eenvormige benadering met betrekking tot die ongeborene ten aansien van aborsie en “feticide” te ontwikkel. Hierdie artikel is krities met betrekking tot die voorgestelde “feticide”-wetgewing en dui aan hoe die voorgestelde misdaad van “feticide” nie ooreenstem met die huidige wetgewing en die Grondwet nie. Eerstens, om die ongeborene as > entiteit afsonderlik van die swanger vrou te benader, is in konflik met die Wet op Keuse oor die Beëindiging van Swangerskap en bied dus nie > eenvormige benadering ten aansien van die ongeborene nie. Tweedens, toon hierdie artikel aan dat nie op die grondwetlike waarde van menswaardigheid gesteun kan word ten einde afsonderlike regsbeskerming van die ongeborene te verleen wanneer daar geen grondwetlike regte is wat uitgelê of beperk kan word nie. Verder, deur die ongeborene slegs te beskerm ten opsigte van die gedrag van > derde, word die waarde van menswaardigheid ondermyn aangesien die waarde daarvan gekoppel word aan > spesifieke verhouding waarin 'n persoon tot die ongeborene staan. Derdens, deur te steun op die Verenigde State se ervaring ten opsigte van “feticide”-maatreëls, toon hierdie artikel dat “feticide” nie regtig geweld teen vroue beperk nie. Gevolglik bied “feticide” ook nie veel beskerming vir die ongeborene nie. Die artikel verwerp die behoefte aan afsonderlike beskerming vir die ongeborene en stel voor dat die ongeborene beskerming deur middel van die swanger vrou geniet. Hierdie artikel gebruik vroue se grondwetlike reg tot reproduktiewe beheer as die basis om die leed wat beide die swanger vrou en die ongeborene aangedoen word, reg te stel. Hierdie artikel toon dat dié benadering in ooreenstemming is met die Wet op Keuse oor die Beëindiging van Swangerskap en die grondwetlike waarde van menswaardigheid.
Publication status:
Published
Peer review status:
Peer reviewed

Actions

Access Document

Authors

More by this author
Institution:
University of Oxford
Division:
SSD
Department:
Law
Sub department:
Law Faculty
Role:
Author


Publisher:
Lexis Nexis South Africa
Journal:
Journal for Contemporary Roman-Dutch Law More from this journal
Volume:
80
Pages:
44-61
Publication date:
2017-02-01
Acceptance date:
2016-08-06
ISSN:
1682-4490
ISBN:
9780409079241


Pubs id:
pubs:813404
UUID:
uuid:3c085ae9-3eed-4842-a969-1a032b06462e
Local pid:
pubs:813404
Source identifiers:
813404
Deposit date:
2018-01-01
ARK identifier:

Terms of use


Views and Downloads






If you are the owner of this record, you can report an update to it here: Report update to this record

TO TOP